Gastehuis Verblyf Parys

Onvergelykbare Vrede en Skoonheid

Rus & Vrede, ‘n Luukse Gastehuis, is geleë op die oewer van die kalm waters van die Vaalrivier naby Parys, net meer as ‘n uur se ry vanaf Johannesburg. Die Parys Gastehuis was oorspronklik deel van die plaas Rosettenville, op die grens van die Noordwes en Vrystaat provinsies, aangrensende die Vaal de Gráce Golf Estate. Geniet een van ons luukse kamers, spesiaal ontwerp om ‘n warm, gesellige atmosfeer te skep, met asemrowende uitsigte van die rivier en die 18de putjie van die gholfbaan.

Skakel ons op +2782 822 8666

Enige vrae? Stuur vir ons ‘n epos

Fieldset

 

Verification

Hetsy jy kwaliteit tyd beplan saam met jou geliefde, die antieke winkels en kunsgallerye wil besoek in Parys, wil eet by ons top restaurant in die omgewing, gholf speel, rivier aktiviteite geniet, ‘zip-lining’ ervaar, die Vredefort Koepel erfenisgebied besoek, ‘n troue bywoon, bergfiets ry of wil deelneem in die gesogte perdeskou by die Afridome, by Rus & Vrede Gastehuis is ons passievol toegewy om te verseker dat jy onvergeetlike verblyf sal ervaar met skouspelagtige sonsondergange en onvergelykbare uitsigte. Die gastehuis bied ‘n unieke luukse wegbreek van die besige stadslewe, die ideale plek vir rus en vrede in die natuurskoon…

 

BEVESTIG BESKIKBAARHEID EN BESPREEK AANLYN

Klik hier

 Wat sommige besoekers te sê gehad het

rv-on-vaal-testimonial

rv-on-vaal-testimonial

Call Now Button